38. Hierdie feeste moet gehou word bo en behalwe die Sabbatdae van die Here. Die offers wat gebring word, word gegee naas julle persoonlike gawes en die offers wat julle maak om ’n gelofte na te kom of enige vrywillige offer wat julle vir die Here bring.
39. “Die Huttefees val op die vyftiende dag van die sewende maand nadat julle die opbrengs van die land geoes het. Dit duur sewe dae lank. Onthou dat die eerste en die agtste dag van die fees rusdae sal wees.
40. Op die eerste dag moet julle sitrusvrugte neem en ook palmblare en ander takke waaraan daar blare is en ook wilgers wat by riviere groei, bymekaarmaak. Vier dan sewe dae lank met blydskap fees in die teenwoordigheid van die Here.
41. Julle moet hierdie fees van sewe dae vir die Here elke jaar vier. Dit is ’n permanente reëling vir julle en moet ook deur toekomstige geslagte nagekom word.
42. Vir sewe dae lank moet alle gebore Israeliete in hutte woon wat van hierdie takke gemaak is.
43. Dit sal elke nuwe geslag Israeliete herinner aan hulle voorouers wat so in hutte moes leef toe Ek hulle uit Egipte gered het. Ek, die Here, is julle God.”