Levitikus 11:45-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

45. Ek, die Here, is die Een wat jou uit Egipte laat trek het om jou God te wees. Jy moet daarom heilig wees omdat Ek heilig is.

46. “Dit is die instruksies wat geld vir die diere op land, die voëls en al die lewende wesens wat in water lewe of wat op die grond kruip.

47. So kan julle onderskei tussen dit wat onrein is en wat nie geëet mag word nie; en dit wat rein is en geëet mag word.”

Levitikus 11