Kolossense 3:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Daarom moet julle die volgende wê­reldse dinge afsterf wat deel van julle lewe is: seksuele sondes, onreinheid, wel­lus, sleg­te begeertes en gierigheid, wat van geld ’n god maak.

6. Dit is oor sul­ke goed dat God se straf ongehoorsame mense tref.

7. Vroeër was hier­die dinge ook deel van julle leefstyl.

8. Maar nou moet julle ook nog van al die volgende ontslae raak: kwaad wees, woedebuie, gemeenheid, gevloek. Vuil taal moenie uit julle mond kom nie.

9. Moenie vir me­kaar lieg nie. Julle het mos die vorige mens en sy prakty­ke soos klere uitgetrek

10. en die nuwe mens aangetrek. Hierdie mens kry voort­durend nuwe insig en word só ver­ander en nuut gemaak om al meer soos sy Skepper te lyk.

11. In hierdie nuwe lewe is daar nie langer sprake van Griek of Jood, besny of onbesny, ongekultiveerd, barbaars, slaaf of vry man nie. Al wat saak maak, is Christus wat alles in elkeen is.

Kolossense 3