Kolossense 3:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.

2. Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie.

3. Jul­le het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God wegge­steek.

4. Wanneer Christus, wat jul­le le­we is, by sy wederkoms verskyn, sal jul­le ook saam met Hom in heerlikheid ver­skyn.

5. Daarom moet julle die volgende wê­reldse dinge afsterf wat deel van julle lewe is: seksuele sondes, onreinheid, wel­lus, sleg­te begeertes en gierigheid, wat van geld ’n god maak.

6. Dit is oor sul­ke goed dat God se straf ongehoorsame mense tref.

7. Vroeër was hier­die dinge ook deel van julle leefstyl.

8. Maar nou moet julle ook nog van al die volgende ontslae raak: kwaad wees, woedebuie, gemeenheid, gevloek. Vuil taal moenie uit julle mond kom nie.

Kolossense 3