Kolossense 2:15-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. So het Hy die re­geer­ders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik ge­maak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.

16. Moet dus nie toelaat dat enigie­mand julle ver­oor­deel oor wat julle eet of drink, of oor die vier van sekere fees­dae of die Nuwemaanfees of Sabbat­te nie.

17. Al hier­die dinge is net ’n skaduwee van wat sou kom. Die ware werklikheid is Chris­tus!

18. Laat niemand wat aandring op selfver­ne­de­ring en en­gel­verering – en dit met ’n be­roep op visioene! – julle op sleeptou neem nie. Verniet dink hierdie mense, ti­pies van hulle sondige geaardheid, baie van hulleself.

19. Hulle is nie aan die hoof ver­bind uit wie die hele liggaam groei nie. Vanuit die hoof groei die hele liggaam, on­der­steun en saamgebind deur gewrigte en spiere. Gód laat dit groei!

20. Aangesien julle, deur saam met Chris­tus te sterf, die bose wêreldse mag­te af­ge­sterf het, waarom leef julle nog vol­gens wê­reldse voorskrifte soos:

21. “moenie vat nie”, “moenie dit eet nie” en “moe­nie aan­raak nie”?

Kolossense 2