Klaagliedere 3:55-61 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

55. Van onder in die put, o Here,het ek na U begin roep.

56. U het my hoor roep:“Moet asseblief nieu ore toedruk wanneer ek roepdat U my moet kom help nie.”

57. Toe ek na U geroep het, het U nadergekom en gesê:“Moenie bang wees nie!”

58. U het my saak verdedig en my lewe gered.

59. U het gesien ek is veronreg. Gee tog uitspraak in my guns!

60. U het gesien watter planne hulle teen my smee.

61. U het gehoor hoe hulle my beledig. U weet van al die plannewat hulle teen my gesmee het.

Klaagliedere 3