Klaagliedere 3:31-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

31. Want die Here laat ’n mens nie vir altyd eenkant nie.

32. Hy bring wel hartseer, maar Hy het ook medelyeomdat sy troue liefde so groot is.

33. Hy geniet dit nie wanneer mense seerkryof hartseer is nie.

34. Die leiers van sy volk het gevangenes mishandel.

35. Hulle het mense se regte vertrap in die teenwoordigheid van die Allerhoogste.

36. Hulle behandel mense in die hofonbillik. Hulle dink Hy sien dit nie raak nie.

37. Kan daar iets gebeuras die Heredit nie toelaat nie?

38. Is dit nie die Allerhoogste wat een mens helpen ’n ander vernietig nie?

39. Waaroor sal ons kla wanneer ons gestraf wordomdat ons oortree het?

40. Laat ons eerder gaan kyk na wat ons gedoen het en daaroor nadinksodat ons kan omdraai na die Here toe.

41. Laat ons ons harte en hande uitsteek na God daarbo en sê:

42. “Ons was opstandig teen U en het nie na U geluister nie. U het ons nie vergewe nie.

43. “U was so kwaad vir ons dat U ons agternagesit het om ons genadeloos uit te roei.

44. U het agter wolke gaan staansodat ons gebede U nie kon bereik nie.

Klaagliedere 3