Klaagliedere 3:23-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut.

24. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.”

25. Die Here is goedvir hulle wat op Hom wagen Hom soek.

26. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red.

27. Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die Here te wag.

28. Mense moet geduldig sit en wag totdat die Hereaandag aan hulle gee.

29. Daar is hoop vir jou as jy stilbly.

30. Draai jou ander wang wanneer jou vyande jou beledig.

31. Want die Here laat ’n mens nie vir altyd eenkant nie.

Klaagliedere 3