Klaagliedere 3:11-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Hy het my uit die pad gesleep, my uitmekaargeskeur en my net so daar laat lê.

12. Hy het ’n pyl in sy boog gespan en sekuur na my gekorrel.

13. Hy het sy houer met pyle op my leeggeskiet.

14. My eie mense lag vir my. Hulle sing heeldag spotliedjies oor my.

15. Hy het my vol gemaak met bitter dinge. Hy laat my bitterheid drink.

16. Hy laat my klippe kou. Hy trap my weg in die grond.

17. Ek het al vergeet hoe dit is om gelukkig en voorspoedig te wees.

18. Ek roep uit: “Ek beteken niks. Ek verwag niks meer van die Here nie.”

19. Wanneer ek aan my pyn en my hartseer dink, word ek bitter.

20. Ek sal nooit ooit vergeet van hierdie slegte tyd nie.

21. Tog is daar een ding waarop ek kan reken en waarop ek altyd sal hoop:

22. Deur die Here se troue liefdeis ons nie doodgemaak nie.Hy hou nooit opom vir ons om te gee nie.Sy genade het geen einde nie.

23. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut.

Klaagliedere 3