7. In hierdie tyd van swaarkry dink Jerusalem terug aan die tyd toe sy mooi was.Maar sy het in haar vyand se hande belanden niemand kon haar help nie. Haar vyand het haar verwoes en gelag toe sy val.
8. Jerusalem het baie gesondigsoos iemand wat vuil word. Almal wat haar eers gerespekteer het, verag haar nou. Want hulle het haar kaal en vernederd gesien. Sy kan maar net sug en haar gesig in haar hande wegsteek.
9. Sy het haar skandalig gedraen nie aan haar straf gedink nie. Sy het so diep gevaldat niemand haar kan help nie. “Here, kyk hoe sleg gaan dit,” snik sy. “My vyand het gewen!”
10. Al haar kosbaarhede het die vyand geplunder. Sy het gesien hoe vreemde volkedie tempel van die Here ingaan,dié mense wat die Here verbied het om daar in te gaan.
11. Haar inwoners sug terwyl hulle na kos soek.Hulle het al hulle kosbaarhede vir kos geruil, net om aan die lewe te bly. “Kyk tog, Here,” sug sy.“Almal verag my!”
12. Is dit nie vreeslik vir julle wat by die stad verbyloop nie?Kyk goed of daar ’n hartseer iswat pyn soos dié van my! Die Here het dit oor my gebringtoe Hy woedend was vir my.
13. Hy het vuur van bo gestuur wat my verteer. Hy het ’n vangnet vir my gespan wat my laat terugsteier. Hy het my verlate gemaak en ongeneeslik siek agtergelaat.