Klaagliedere 1:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Die Here het al my sterk manne met minagting behandel. Hy het ’n leër laat kom wat my jong manne verpletter het. Die Here het Judastukkend getrap soos ’n mens druiwe uittrap.

16. Daarom huil ek so. Trane loop oor my wange. Daar is niemand naby wat my kan troos nie. Daar is geen toekoms vir my kinders nie. Die vyand het ons oorweldig.

17. Jerusalem steek haar hande uitvir hulp, maar niemand kom troos nie. Die Here het beveel dat Israel se bure haar vyand moes word, en dat Jerusalem soos ’n vuil ding weggegooi moet word.

18. “Die Here is reg,” sug sy.“Dit was ek wat teen Homin opstand gekom het. Luister tog, al julle volke, na wat ek sê. Kyk na my hartseer. My dogters en my seuns is almal weggevoer as ballinge.

19. Ek het my vriende gevra om my te kom help, maar hulle het my in die steek gelaat. My priesters en oumense in die stad het van honger doodgegaan.

20. Kyk hoe benoud is ek, Here. My hart krimp inmekaar en ek bewe. Ek was in opstand teen U. Buite in die strate maai die swaard alles af. Binne in die huise is daar net dood.

21. Ander mense hoor hoe ek kreun, maar niemand kom my troos nie. My vyande het gehoor wat U met my gemaak het. Hulle juig omdat U ditaan my gedoen het. Laat kom tog die dag wat U beloof het, wanneer hulle soos ek sal word.

22. Kyk na al die kwaad wat hulle aangerig het. Straf hulle daarvoor, soos U vir my gestraf het vir al my oortredings. Ek sug baie diep. My hart is siek.

Klaagliedere 1