Josua 21:25-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. In die gebied van die halwe Manassestam het hulle die twee dorpe Taänak en Gat-Rimmon met hulle weivelde gekry.

26. Die Kehatgroep het altesaam dus tien plekke met hulle weivelde gekry.

27. Die Gersongroep van die Leviete het in die gebied van die ander helfte van die Manassestam die toevlugsoord Golan in Basan en Astarot met hulle weivelde gekry.

28. In die gebied van Issaskar is die vier dorpe Kisjon, Daberat,

29. Jarmut en En-Gannim met hulle weivelde aan hulle toegewys.

30. In die gebied van Aser het hulle die vier plekke Misal, Abdon,

31. Gelkat en Regob met hulle weivelde gekry.

32. In Naftali se gebied is die asielstad Kedes in Galilea, Gammot-Dor en Kartan met hulle weivelde vir hulle gegee.

33. In totaal het die Gersongroep dus dertien dorpe met weivelde gehad.

34. Aan die res van die Levitiese families, dit is die Merarigroep, is in die gebied van Sebulon Jokneam, Karta,

35. Dimna en Nahalal, hierdie vier plekke, elkeen met sy weiveld, gegee.

36. In die gebied van Ruben het hulle die vier plekke Beser, Jahas,

37. Kedemot en Mefaät met hulle weivelde gekry.

38. In Gad se gebied het hulle Ramot in Gilead, waarheen mense kon vlug, Maganajim,

39. Gesbon en Jaser met hulle weivelde gekry.

40. Twaalf plekke is dus vir die oorblywende Merarigroep geloot.

41. In totaal is daar dus 48 dorpe met hulle weivelde in die gebied van die ander Israeliete vir die Leviete geloot.

42. Elkeen van hierdie plekke het weiveld rondom hom gehad.

43. So het die Here vir Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorouers beloof het. Hulle het die land ingeneem en hulle daar gevestig.

44. Die Here het vir hulle vrede met almal rondom hulle gegee, soos Hy plegtig aan hulle voorouers beloof het. Nie een van al hulle vyande was opgewasse teen hulle nie. Die Here het hulle gesag oor al hulle vyande gegee.

Josua 21