Josua 2:16-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Haar raad vir hulle was: “Vlug na die berge toe sodat julle agtervolgers julle nie in die hande kan kry nie. Kruip drie dae lank daar weg totdat die agtervolging verby is. Julle kan daarna weer julle koers kry.”

17. Die mans het vir haar gesê: “Ons sal die belofte wat ons aan jou gemaak het, nakom.

18. Jy moet hierdie rooi tou waarmee jy ons deur die venster gaan laat afsak aan die venster vasbind wanneer ons in die land kom. Jy moet dan jou pa en jou ma, jou broers en jou hele familie hier in jou huis laat bymekaarkom.

19. As iemand van hulle by die huis se deur uitgaan buitentoe, sal hy vir sy eie dood verantwoordelik wees. Ons is dan onskuldig. As enigiemand wat saam met jou in die huis is egter iets oorkom, sal dit ons skuld wees.

20. As jy iets oor ons verklap, is ons vry van die belofte wat ons aan jou gemaak het.”

Josua 2