14. Van daar swaai die grens noord verby Gannaton en eindig in die vallei van Ge-Jiftag-El.
15. Die dorpe wat hulle gekry het, was Kattat, Nahalal, Simron, Jidala en Betlehem. Daar was altesaam twaalf dorpe met hulle kleiner dorpies rondom.
16. Hierdie dorpe met hulle omringende blyplekke was die gebied van die families van die stam Sebulon.
17. Die vierde loting was vir grond vir die families van die stam Issaskar.
18. Hulle dorpe was Jisreël, Kesulot, Sunem,
19. Gafarajim, Sion, Anagarat,
20. Rabbit, Kisjon, Ebes,
21. Remet, En-Gannim, En-Gadda en Bet-Passes.
22. Hulle grens is teen Tabor, na Sagasajim en by Bet-Semes verby en loop dood teen die Jordaan. Daar is sestien dorpe met hulle kleiner dorpies rondom.
23. Hierdie dorpe met hulle klein dorpies is die gebied van die families van die stam Issaskar.