45. Ook nog deel van Juda se gebied was Ekron met sy dorpe en dorpies,
46. al die dorpe in die omgewing van Asdod wes van Ekron met hulle dorpies,
47. Asdod met sy dorpe en klein dorpies, en Gasa met sy dorpe en klein dorpies tot by die Egiptespruit al langs die kus van die Middellandse See.
48. Juda het in die heuwelgebied ontvang: Samir, Jattir, Soko,
49. Danna, Kirjat-Sanna, dit is Debir,
50. Anab, Estemoa, Anim,
51. Gosen, Golon, Gilo. Dit was elf dorpe met hulle dorpies rondom.
52. Daarby ingesluit was Arab, Duma, Esan,
53. Janum, Bet-Tappuag, Afeka,
54. Gumta, Kirjat-Arba (dit is Hebron) en Sior. Dit is nege dorpe met hulle dorpies.
55. Dan was daar ook nog Maon, Karmel, Sif, Jutta,
56. Jisreël, Jokdeam, Sanoag,
57. Kajin, Giba en Timna. Dit was tien dorpe met hulle dorpies rondom.
58. Verder was daar Galgul, Bet-Sur, Gedor,
59. Maärat, Bet-Anot en Eltekon. Dit was ses dorpe met omringende dorpies.
60. Kirjat-Baäl (dit is Kirjat-Jearim) en Rabba was twee verdere dorpe met hulle dorpies.
61. In die woestyn het hulle gekry Bet-Araba, Middin, Sekaka,
62. Nibsan, Ir-Melag en En-Gedi. Dit is ses dorpe met hulle dorpies.
63. Die mense van Juda het nie daarin geslaag om die Jebusiete wat in Jerusalem gebly het daar uit te verdryf nie. Die Jebusiete woon vandag nog daar saam met die mense van Juda.