1. Hierna het Jesus na die oorkant van die Meer van Galilea vertrek, wat ook die Meer van Tiberias genoem word.
2. ’n Baie groot skare mense het Hom bly volg omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy gedoen het toe Hy die siekes genees het.
3. Jesus het toe die berg uitgeklim en met sy dissipels op ’n plek daar gaan sit.