Johannes 5:34-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. Ek hou nie vas aan die getuienis van ’n mens nie, maar Ek sê dit sodat julle verlos kan word.

35. “Hý was die lamp wat gebrand en helder geskyn het, en julle was gewillig om julle vir ’n uur in sy lig te verbly.

36. Ek beskik egter oor getuienis wat swaarder weeg as dié van Johannes. Die werk wat die Vader vir My gegee het om klaar te maak, dit is die werk waarmee Ek nou besig is; dit getuig ook oor My dat die Vader My gestuur het.

37. Die Vader wat My gestuur het, dit is Hy wat oor My getuig het. Sy stem het julle nog nooit gehoor nie en sy persoon het julle ook nog nie gesien nie.

38. En julle het nie regtig ’n greep op sy boodskap nie omdat julle nie in die Een glo wat Hy gestuur het nie.

Johannes 5