Johannes 3:32-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. Wat Hy gesien en gehoor het, daaroor getuig Hy, maar niemand aanvaar sy getuienis nie.

33. Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur verseël dat God regtig God is.

34. Hóm het God gestuur om die woorde van God mee te deel, want God gee Hom sy Gees sonder om dit af te meet.

35. Die Vader het die Seun lief en Hy het Hom gesag oor alles gegee.

36. Wie aanhou glo in die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie ervaar nie, maar die oordeel van God rus op hom.”

Johannes 3