1. Daarna het Jesus weer aan sy dissipels by die Meer van Tiberias verskyn. Dit het só gebeur.
2. Die volgende dissipels was daar saam: Simon Petrus en Tomas (wat ook Didimus genoem is), Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus, en nog twee ander.
3. Simon Petrus sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” Hulle sê vir hom: “Ons gaan ook saam met jou.” Hulle het in die skuit gaan klim, en het daardie nag niks gevang nie.