Johannes 16:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom ’n tyd dat elkeen wat vir julle doodmaak, sal dink hy bewys ’n besondere guns aan God.

3. Hulle sal hierdie dinge doen omdat hulle nie My of die Vader geken het nie.

4. Ek het dit nou vir julle gesê sodat, wanneer hulle uur ook al slaan, julle moet onthou dat Ek dit vir julle gesê het. Ek het dit egter nie van die heel begin af vir julle gesê nie omdat Ek nog heeltyd saam met julle was.”

5. “Nou is Ek op pad terug na Hom toe wat My gestuur het; tog vra niemand van julle vir My: ‘Waarheen gaan U?’ nie.

6. Omdat Ek dit egter vir julle gesê het, het hartseer julle harte oorweldig.

Johannes 16