Johannes 15:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Ek is die ware druiwestok en my Vader is die tuinier.

2. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af. Elkeen wat egter vrugte oplewer, snoei Hy sodat dit nog meer vrugte kan dra.

3. Julle is reeds skoon gesnoei deur die boodskap wat Ek met julle gedeel het.

Johannes 15