Johannes 14:4-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Julle weet mos waarheen Ek gaan, en hoe om daar te kom.”

5. Tomas sê vir Jesus: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die pad daarheen ken?”

6. Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.

7. As julle My ken, sou julle my Vader ook geken het. Van nou af ken julle Hom en het julle Hom reeds gesien.”

8. Toe sê Filippus: “Here, wys ons net die Vader en dit is vir ons genoeg.”

Johannes 14