6. Dit het hy gesê, nie omdat hy so danig besorgd was oor die armes nie, maar omdat hy ’n dief was. Hy het die geldbeurs gedra en het van die bates verduister.
7. Toe het Jesus gesê: “Laat haar met rus. Sy het dit gekoop om te bêre vir die geleentheid van my begrafnis.
8. Die armes het julle altyd by julle, maar Mý het julle nie altyd nie.”
9. ’n Groot skare uit die geledere van die Jode het kennis geneem dat Jesus daar is. Hulle het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus self nie, maar ook om vir Lasarus, vir wie Jesus uit die dood opgewek het, te sien.
10. Die priesterhoofde het begin beraadslaag en besluit om ook vir Lasarus dood te maak
11. omdat baie van die Jode as gevolg van Lasarus na Jesus toe oorgeloop en in Hom geglo het.
12. Op die volgende dag het die groot skare wat vir die fees opgedaag het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom.