Johannes 12:21-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Dié mense het toe na Filippus, wat vanaf Betsaida in Galilea gekom het, gegaan en vir hom gesê: “Meneer, ons wil graag vir Jesus ontmoet.”

22. Filippus gaan vertel dit toe vir Andreas. Daarop gaan Andreas en Filippus en vertel dit saam vir Jesus.

23. Jesus reageer toe daarop: “Die uur het aangebreek dat Ek, die Seun van die Mens, verheerlik moet word.

24. Ek verseker julle, as ’n graankorrel nie in die grond val en sterf nie, bly hy net op sy eie bestaan; maar as hy sterf, lewer hy ’n groot opbrengs.

25. Wie hulle eie lewe liefhet, verloor dit; maar wie hulle lewe in hierdie wêreld haat, sal dit met die oog op die ewige lewe behou.

Johannes 12