Job 7:9-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Net soos ’n wolk verdamp en verdwyn, so kom niemand weer terug uit die graf nie.

10. Hulle is vir altyd weg van hulle huis afen hulle woningsien hulle nie weer nie.

11. “Daarom kan ek nie stilbly nie.Ek moet kla oor my lyding.Ek moet praat, want ek is bitter.

12. Is ek ’n seegod of ’n seemonster dat U my so oppas?

13. Nes ek dink: ‘My bed sal my vertroos, in my slaap sal ek van my smarte vergeet,’

14. dan ontstel U my met dromeen verskrik my met visioene.

15. Ek sou liewer dat iemand my verwurg,dat ek sterfeerder as om so aan te gaan.

16. Ek haat my lewe!Ek wil nie meer lewe nie.Laat my alleen vir die paar daewat vir my oorbly.

17. Wat is die mens dat U so baie aandagaan hom bestee,so baie aan hom dink?

Job 7