1. “Is dit nie die worstelingvan elke mens op aarde nie? Jou lewe is soos dié van ’n huurling.
2. Jy wens soos ’n slaafdie dag wil klaarkry, soos ’n dagarbeiderwat wag om betaal te word.
3. So bestaan my maande uit swaarkry.Nagte vol smart is my deel.
4. Wanneer ek gaan lê, wens ek die môre wil aanbreek.Maar die nag sleep stadig verby en ek rol rond tot dagbreek.
5. My lyf is vol parasiete en rowe.My vel breek oop, en etter loop daaruit.”
6. “My dae gaan vinniger verby as ’n wewerspoel. Hulle eindig sonder enige hoop.
7. O God, onthou tog my lewe is maar ’n asempie.Ek sal nooit weer iets geniet nie.
8. U sien my nou nog, maar nie meer vir lank nie.Terwyl U na my kyk, is ek weg.
9. Net soos ’n wolk verdamp en verdwyn, so kom niemand weer terug uit die graf nie.
10. Hulle is vir altyd weg van hulle huis afen hulle woningsien hulle nie weer nie.
11. “Daarom kan ek nie stilbly nie.Ek moet kla oor my lyding.Ek moet praat, want ek is bitter.
12. Is ek ’n seegod of ’n seemonster dat U my so oppas?
13. Nes ek dink: ‘My bed sal my vertroos, in my slaap sal ek van my smarte vergeet,’
14. dan ontstel U my met dromeen verskrik my met visioene.
15. Ek sou liewer dat iemand my verwurg,dat ek sterfeerder as om so aan te gaan.
16. Ek haat my lewe!Ek wil nie meer lewe nie.Laat my alleen vir die paar daewat vir my oorbly.
17. Wat is die mens dat U so baie aandagaan hom bestee,so baie aan hom dink?
18. Want U beproef ons elke môreen toets ons elke oomblik.
19. Hoekom laat U my nie alleen nie,los U my nie uit nie,al is dit net vir ’n oomblik?*
20. Het ek gesondig? Wat het ek aan U gedoen, U wat die ganse mensdom sien,waarom het U my geteiken?Is ek vir U ’n las?
21. Hoekom vergewe U nie net my sonde en verwyder my skuld nie? Gou lê ek in stof en sterf.As U na my soek, dan is ek weg.”