Job 7:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Wat is die mens dat U so baie aandagaan hom bestee,so baie aan hom dink?

18. Want U beproef ons elke môreen toets ons elke oomblik.

19. Hoekom laat U my nie alleen nie,los U my nie uit nie,al is dit net vir ’n oomblik?*

20. Het ek gesondig? Wat het ek aan U gedoen, U wat die ganse mensdom sien,waarom het U my geteiken?Is ek vir U ’n las?

21. Hoekom vergewe U nie net my sonde en verwyder my skuld nie? Gou lê ek in stof en sterf.As U na my soek, dan is ek weg.”

Job 7