Job 7:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Nes ek dink: ‘My bed sal my vertroos, in my slaap sal ek van my smarte vergeet,’

14. dan ontstel U my met dromeen verskrik my met visioene.

15. Ek sou liewer dat iemand my verwurg,dat ek sterfeerder as om so aan te gaan.

16. Ek haat my lewe!Ek wil nie meer lewe nie.Laat my alleen vir die paar daewat vir my oorbly.

17. Wat is die mens dat U so baie aandagaan hom bestee,so baie aan hom dink?

18. Want U beproef ons elke môreen toets ons elke oomblik.

Job 7