Jesaja 66:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. So sê die Here: “Die hemel is my troonen die aarde my voetstoeltjie.Kan julle ooit ’n tempel bou wat so goed is?Kan julle ’n huis bouwaarin Ek sal woon?

2. My hand het alle dinge gemaak en so het alles ontstaan.Ek, die Here, het gepraat!“Dit is die een wat Ek raaksien,die een wat nederig is en berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.

3. Party mense offer bulle en ander offer mense.Sommige offer lammers as offeren ander ’n hond se nek.Party offer graan, en ook offers van varkbloed.Party offer wierook. Dis alles afskuwelike offers.Hierdie mense het besluit om hulle eie pad te loop.Hulle skep behaein hulle afskuwelikhede.

Jesaja 66