Jesaja 58:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Hulle vra: ‘Waarom het ons gevas,maar U sien dit nie? Ons het ons verootmoedig,maar U het dit nie opgelet nie!’“Dis omdat julle op vasdae net julle eie plesier najaag, en die mense in julle diensnog harder laat werk.

4. Julle vas eindig in twis, rusie en vuisgevegte. Op hierdie manier kan julle nie vas en dan verwag dat dit in die hemel gehoor sal word nie.

5. Is dit die vas wat Ek verkies,net ’n dag waarop ’n mens homself verneder?Is dit om net jou kop te buigsoos ’n biesie en te sit in sak en as?Is dit wat jy ’n vas noem,’n dag wat vir die Hereaanvaarbaar sal wees?

Jesaja 58