Jesaja 57:6-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Julle gode is die gladde rotse in die valleie.Vir hulle het julle drankoffersuitgegieten graanoffers aangebied.Moet ek tevrede daarmee wees?

7. Op hoë berge en heuwelshet jy ’n bed ingerig vir jou onsedelikhededeur afgode te aanbid.Jy het daarheen opgegaan om offers te bring.

8. Agter toe deure het jy jou afgodsbeelde opgestel. Jy was ontrou aan Myen het jou kaal uitgetrek. Jy het op die bed geklim,en vir hulle plek gemaak.Jy het ’n verbintenis met jou bedmaats gemaaken hulle naaktheid geniet.

9. Jy het olyfolie en parfuum as offers vir Molek gegee.Jy het boodskappers na ver plekke gestuur, selfs tot in die doderyk.

10. Jy het moeg geword van jou soektog, maar jy het nooit erken:‘Dit is sinloos!’ nie.Jy het jouself weer versterk, en dan maar net aangegaan.

11. “Hoekom was jy banger vir hulleas vir My?Hoekom onthou jy My nie meer nieen dink jy nie meer aan My nie?Is dit omdat Ek lank stilgebly het,dat jy My nie meer dien nie?

12. Daarom sal Ek jou optredeontbloot.Jou gode sal jou nie kan help nie.

13. As jy roep om hulp,mag jou klomp afgode jou red!Maar ’n wind sal hulle wegwaai en hulle omstamp. Wie egter tot My sy toevlug neem, sal die hele land erfen my heilige berg besit.”

14. Dan sal die Here sê: “Herbou die pad! Verwyder die rotse en klippe uit die pad van my volk!”

15. So sê die hoë, verhewe Een wat vir altyd bestaan, wie se Naam die Heilige is: “Ek woon in ’n hoë, heilige plek, maar ook saam met die mens wat berouvol en nederig is.Ek gee nuwe krag aan dié wat nederig is en aan dié wat verdruk word,en nuwe kragaan dié wat berouvol is.

16. Want Ek kla nie vir altyd aan nieen bly nievir lank kwaad nie.Want dan sou dit die einde wees van die mens wat Ek geskep het en aan wie Ek die lewensasem gegee het.

Jesaja 57