Jesaja 54:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Dit is die Herewat jou teruggeroep het van jou smart.Jy was soos ’n jong vrou wat deur haar man verstoot is,” sê jou God.

7. “Vir ’n kort rukkie het Ek jou verstoot,maar omdat Ek jou baie liefhet, vat Ek jou terug.

8. In ’n oomblik van woede het Ek vir ’n kort rukkie van jou weggekyk.Maar nou sal Ek jou vir altyd liefhê,” sê die Here, jou Redder.

9. “Dit is soos in die tyd van Noag toe Ek belowe het dat die waters nooit weerdie aarde sal oorstroom nie.So belowe Ek nou dat Ek nooit weer kwaad sal wees en jou straf nie.

10. Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn.Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie,en my verbond van vrede sal nooit gebreek word nie,” sê die Here wat Hom oor jou ontferm.

11. “Stad wat verdruk is, gestriem deur storms,vir wie daar geen troos was nie, jou mure bou Ekmet edelgesteentes,en jou fondamente van saffier.

Jesaja 54