Jesaja 53:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wie het ons boodskap geglo?Aan wie het die Heresy reddende mag openbaar?

2. My dienaar het gegroei soos ’n loot wat uitspruitin die teenwoordigheid van die Here, soos ’n plant wat groei in droë grond.Hy was nie mooi of koninkliksodat hy ons sou aantrek, of met ’n voorkoms dat ons van hom sou hou nie.

3. Hy was veragen verwerp deur mense,iemand wat leed en pyn geken het.Hy was soos iemand vir wie mense die gesig wegdraai, verag en ons het hom nie geag nie.

Jesaja 53