2. Julle noem julleself inwoners van die heilige stad,wat vertrou op die God van Israel.Die Here, die Almagtige, is sy Naam:
3. Wat vroeër gebeur het, het Ek lank gelede al vooruit gesê. Met my mond het Ek dit aangekondigen dit bekendgemaak.Toe het Ek opgetree, en skielik het dit gebeur.
4. Ek weet hoe hardkoppig julle is,eiesinnig soos yster,met ’n kop so hard soos ’n stuk brons.
5. Daarom het Ek lank gelede algesê wat Ek gaan doen.Voordat dit gebeur,het Ek dit al bekendgemaak,sodat julle nie kan sê nie: ‘My afgode het dit gedoen.My houtbeelde en metaalbeelde het dit laat gebeur.’
6. Julle het alles gehoor.Julle kon dit self sien.Sal julle dit nie nou erken nie? Daarom gaan Ek nou nuwe dinge aan julle openbaar, geheime waarvan julle nie weet nie.
7. Dis splinternuwe dinge wat voorheen nie daar was nie,waarvan julle voor vandag nie gehoor het nie.Nou sal julle nie kan sê:‘Natuurlik het ek dit geweet’ nie.
8. Julle het niks daarvan gehoorof dit verstaan nie.Want Ek weet hoe verraderlikjulle optree.Van geboorte af was julle as rebelle bekend.
9. Tog sal Ek ter wille van Myself my woede bedwing.Ter wille van my Naam sal Ek my woede terughousodat julle nie uitgewis word nie.
10. Ek het julle gelouter, maar nie soos silwer nie.Ek het julle gelouter in die smeltkroes van lyding.
11. En Ek sal julle red. Ter wille van Myself, ja, Myself, doen Ek dit.Hoe kan Ek toelaat dat my Naam oneer aangedoen word? Aan niemand anders sal Ek my eer gee nie.”
12. “Luister mooi, Jakob,Israel, vir wie Ek geroep het.Ek alleen is God, die Eerste en die Laaste.