Jesaja 4:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daardie dag sal min mans nog lewe. Sewe vroue sal met mekaar oor een man baklei en sê: “Laat ons almal met jou trou! Ons sal ons eie kos en klere verskaf. Gee ons net jou naam sodat hulle ons nie as kinderlosesuitkryt nie!”

2. In die toekoms sal Israel, die tak van die Here, mooi en glansryk wees. En die vrugte van die land sal die trots wees van die mense wat oorgebly het.

3. Almal wie se name neergeskryf is, wat die uitwissing beleef hetvan Jerusalem, sal heilige mense wees.

Jesaja 4