4. “Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. “Hulle het alles gesien,” het Hiskia geantwoord. “Ek het hulle alles gewys wat ek besit, al my skatte.”
5. Toe het Jesaja vir Hiskia gesê: “Luister na hierdie boodskap van die Here, die Almagtige:
6. ‘Die tyd kom dat alles wat jy het, al die skatte wat jou voorouers opgegaar het, na Babel weggedra sal word. Niks sal daarvan oorbly nie,’ sê die Here.
7. “‘Van jou seuns sal ook weggeneem word in ballingskap. Hulle sal ontman word sodat hulle in die paleis van die koning van Babel kan dien.’”
8. Toe het Hiskia vir Jesaja gesê: “Hierdie boodskap wat jy vir my van die Here af gebring het, is goed.” Want intussen het Hiskia by homself gedink: “Ten minste sal daar vrede en voorspoed in mý tyd wees!”