Jesaja 32:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Dan sal almal wat kan sien, God raaksien.En almal wat kan hoor, sal na sy stem luister.

4. Selfs die heethoofdiges onder hulle sal kalm raak en verstaan.Die mense wat onseker hakkel, sal gemaklik kan praat.

5. ’n Dwaas sal nie meer as eerbaar beskou word nie, en ’n skurk sal nie meer gerespekteer word nie.

6. Almal sal dwaseraaksien vir wat hulle is.Hulle versprei liegstories oor die Here. Hulle steel honger mense se kos.Hulle gee nie water vir mense wat dors is nie.

7. Die skelmstreke van skurke sal onthul word.So ook al die liegstories wat hulle vertel het om arm mense in die howe te verdruk.

8. Maar eerbare mense het eerbare planne.Hulle sal eerbaar behandel word.

Jesaja 32