Jesaja 3:11-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Maar verwoesting wag vir die bose. Hulle gaan ook kry wat húlle verdien.

12. Kinders verdruk my volk en vroue heers oor hulle. My volk, julle leiers vat julle op die verkeerde pad,na julle vernietiging toe.

13. Die Here maak Hom klaarom die volk te oordeel.Hy staan reg om téén sy mense op te tree!

14. Die leiers en regeerders gaan die eerste wees wat die Here se oordeel beleef. “Julle het die wingerd geruïneer. Israel is my wingerd. Julle het die armes besteel, hulle eiendom vir julle gevat.

15. Hoe kon julle dit waag om my volk en die armesso in die stof in te trap?” vra die oppermagtige Here, die Almagtige.

16. Verder sal die Here’n oordeel uitspreekoor die vroue van Jerusalem, wat met hulle neuse in die lug rondloop,met ringe wat rinkel aan hulle enkels. Hulle oë soek tussen die skare, hulle flankeer met elke man.

17. Die Here sal hulle koppe ontsier. Ja, die Here sal hulle bles maak.

18. Daardie dag stroop die Herehulle swierigheid, die bande om hulle koppe, die hangertjies in die vorm van ’n halfmaan,

19. oorringe, armbande en sluiers,

20. hooftooisels, voetkettinkies en versierde gordels. Hulle gelukbringertjies sal weg wees,

21. hulle ringe en neusringe,

22. partytjieklere, mantels, tjalies en handsakkies,

23. spieëltjies, fyn linneklere, kopdoekies en tjalies.

24. In plaas daarvan dat hulle na reukwater ruik, sal hulle stink. Hulle sal toue vir gordels dra, en hulle mooi gekamde hare sal uitval en bles word. In die plek van hulle mooi klere sal hulle ’n roukleed dra.In die plek van hulle skoonheid sal hulle die brandmerk dra van ’n slaaf.

25. Die manne van die stad sal in die oorlog doodgemaak word,en die soldate in die geveg.

26. Die ingange van Jerusalemsal rou en huil. Die mense van die stad sal verlate op die grond sit.

Jesaja 3