1. Die Here, die Here, die Almagtige, sal die kos- en watervoorrade van Jerusalem en Juda afsny.
2. Hy gaan elkeen van die leiers van die volk vernietig: helde, soldate, regters, profete,waarsêers, ouderlinge,
3. leëroffisiere, eerbare burgers, adviseurs, kundige vakmanne en deskundige besweerders.
4. Dan sal Hy kinders aanstel wat oor hulle sal regeer, en wetteloosheid sal uitbreek.
5. Mense sal mekaar inloop – man teen man en vriend teen vriend. Jongmense sal teen gesag in opstand kom, en veragtes sal op eerbare mense neersien.
6. In daardie tyd sal ’n man vir sy broer sê: “Omdat jy behoorlike klere het, moet jy ons leier kom wees! Kom regeer oor die ruïnes.”
7. “Nee!” sal hy antwoord. “Ek kan nie help nie. Ek het nie ekstra kos en klere in my huis nie. Moet my nie vra om betrokke te raak nie!”