Jesaja 27:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daardie dag sal die Heremet sy groot, skerp swaard die Leviatan straf. Die Leviatan, kronkelende draak van die see,sal Hy doodmaak.

2. “Daardie dag sal ons sing van die goeie wingerd.

3. Ek, die Here, sal dit versorg en dit gereeld natlei.Dag en nag hou Ek wag daaroor sodat dit nie beskadig word nie.

4. My woede teen Israel sal bedaar. As Ek dorings en dissels daarin kry,sal Ek dit verbrand.

Jesaja 27