Jesaja 23:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie boodskap het oor Tirus na my toe gekom: Huil, skepe van Tarsis, want Tirus is vernietig.Daar is geen huis of hawe oor.Alles is weg! Wat julle in Siprus gehoor het, is waar.

2. Huil in stilte, mense van die kus en handelaars van Sidon. Julle gesante het oor die see gereis.

3. Oor groot waters het hullegraan van Egipte af gebring, die oes van die Nyl om handel te dryf. Jy was die volke se markplein.

4. Kry skaam, stad van Sidon, seevesting. Want die see sê: “Nou is ek kinderloos. Ek het nie seuns of dogters nie.”

5. As Egipte die nuus oor Tirus hoor, sal sy mense bewe.

6. Vlug nou na Tarsis toe! Huil, julle mense wat by die see woon!

Jesaja 23