1. Hierdie boodskap het na my gekom oor Damaskus, hoofstad van Aram: “Kyk, Damaskus gaan verdwyn! Dit gaan ’n puinhoop word.
2. Die dorpe van Aroër sal verlate word. Skape sal in die strate wei. Hulle sal daar lê sonder om bang te wees dat iemand hulle opjaag.
3. Die versterkte stede van Israelsal vernietig word, en die mag van Damaskus sal tot ’n einde kom. Dié wat oorbly van Aram, sal min mag hê soos die Israeliete,” sê die Here, die Almagtige.
4. “In daardie dag sal Israel verneder word. Armoede sal die land oorneem.
5. Israel sal so verlate wees soos die graanvelde in die Refaïmvallei ná die oes af is.
6. Min van sy mense sal oorbly, soos die olywe wat in die boonste takke van die boom agterbly ná die oes. Slegs twee of drie bly in die hoogste takke agter, vier of vyf op die punte van die takke.” So sê die Here, die God van Israel.
7. Dan eers sal mense weer aan hulle Skepper dink en respek kry vir die Heilige Een van Israel.
8. Hulle sal nie meer hulle afgode om hulp vra of dit aanbidwat hulle met hulle eie hande gemaak het nie. Hulle sal nooit weer kniel voor hulle Asjerabeelde of wierook brand op die altarewat hulle gemaak het nie.