9. Maar nou het die vyand die wingerd vernietig. Daarom huil Ek vir Jaseren die wingerde van Sibma. My trane loop oor Gesbon en Elale, want julle vrugte-oes en graanoesis vernietig.
10. Weg is die vreugde. Verby is die gejuig oor die oes. Die vrolike sang en geroep in die wingerde word nie meer gehoor nie. In die parskuipe trap niemand wyn uit nie. Want Ek het ’n einde gebringaan al hulle oesvreugde.
11. Ek huil oor Moab. Ek is baie hartseer oor Kir-Geres.
12. Die mense van Moab sal op die heuwels hulle gode angstig aanroep. Maar dit sal nie help nie. Hulle sal roep na die gode in hulle heiligdomme, maar niemand red hulle nie.
13. Die Here het dit lankal aloor Moab gesê.
14. Maar nou voeg die Here by:“Binne drie jaar, wat so ondraaglik sal weessoos vir ’n dagloner wat hom afsloof,sal van Moab se glorie en baie mense min oorbly.Hulle wat oorbly, sal min en swak wees.”