Jeremia 6:8-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Dit is jou laaste waarskuwing, Jerusalem! As jy nie luister nie, sal Ek My van jou losmaak. Ek sal jou verwoes, en jou maak soos ’n onbewoonde land.”

9. Die Here, die Almagtige, sê: “Laat hulle die oorblyfsel van Israel afoessoos ’n mens ’n wingerd afoes.Laat jou hand weer oor die ranke gaansoos iemand wat elke tros druiwe wil pluk.”

10. “Met wie sal Ek praat? Wie sal luister as Ek ’n waarskuwing gee? Hulle ore is toe, hulle kan nie luister nie. Hulle minag die woorde van die Here, hulle vind geen vreugde daarin nie.

11. Die woede van die Herebrand in my. Ek kan dit nie langer inhou nie! Ek stort dit uit op kinders in die straat en ook jongmense waar hulle bymekaarkom.Sowel mans as vroue en oumensesal getref word.

12. Die vyand sal kom en hierdie mense se huise, landerye en vroue afvat. Ek sal die inwoners van hierdie landstraf,” sê die Here.

13. “Almal, van die eenvoudigste tot die vernaamste mense, probeer rykdom bekom op ’n onregmatige manier. Selfs die profete en priestersdoen oneerlike dinge!

Jeremia 6