Jeremia 6:2-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Jerusalem is soos ’n meisie, mooi en fyn, maar Ek sal haar verwoes.

3. Vyandelike skaapwagters sal jou omsingel. Hulle sal rondom jou kamp opslaan en jou weiveld verdeel vir hulle kuddes.

4. Hulle skreeu: ‘Maak julle reg om teen die middagdie stad aan te val! Wag. Die dag is al amper verby. Die aandskaduwees is al lank.

5. Kom ons val liewer die stad in die nag aan en vernietig die paleise.’”

6. Die Here, die Almagtige, sê: “Kap bome af om stormramme te maaken bou skuinswalle teen die mure van Jerusalem.Hierdie stad verdien straf, want sy verdruk baie mense.

7. Soos ’n put wat aanhou vars water gee, so hou die mense van die stad aan met onreg. In die stad hoor ’n mens die klank van geweld en mishandeling. Ek sien voortdurendnet siek en gewonde mense.

8. Dit is jou laaste waarskuwing, Jerusalem! As jy nie luister nie, sal Ek My van jou losmaak. Ek sal jou verwoes, en jou maak soos ’n onbewoonde land.”

9. Die Here, die Almagtige, sê: “Laat hulle die oorblyfsel van Israel afoessoos ’n mens ’n wingerd afoes.Laat jou hand weer oor die ranke gaansoos iemand wat elke tros druiwe wil pluk.”

10. “Met wie sal Ek praat? Wie sal luister as Ek ’n waarskuwing gee? Hulle ore is toe, hulle kan nie luister nie. Hulle minag die woorde van die Here, hulle vind geen vreugde daarin nie.

11. Die woede van die Herebrand in my. Ek kan dit nie langer inhou nie! Ek stort dit uit op kinders in die straat en ook jongmense waar hulle bymekaarkom.Sowel mans as vroue en oumensesal getref word.

12. Die vyand sal kom en hierdie mense se huise, landerye en vroue afvat. Ek sal die inwoners van hierdie landstraf,” sê die Here.

Jeremia 6