1. “Mense van Benjamin, vlug weg uit Jerusalem! Blaas die trompet in Tekoa! Stuur rookseine op in Bet-Hakerem!Waarsku almal dat ’n groot mag uit die noorde op pad is en groot skade gaan aanrig.
2. Jerusalem is soos ’n meisie, mooi en fyn, maar Ek sal haar verwoes.
3. Vyandelike skaapwagters sal jou omsingel. Hulle sal rondom jou kamp opslaan en jou weiveld verdeel vir hulle kuddes.
4. Hulle skreeu: ‘Maak julle reg om teen die middagdie stad aan te val! Wag. Die dag is al amper verby. Die aandskaduwees is al lank.
5. Kom ons val liewer die stad in die nag aan en vernietig die paleise.’”
6. Die Here, die Almagtige, sê: “Kap bome af om stormramme te maaken bou skuinswalle teen die mure van Jerusalem.Hierdie stad verdien straf, want sy verdruk baie mense.
7. Soos ’n put wat aanhou vars water gee, so hou die mense van die stad aan met onreg. In die stad hoor ’n mens die klank van geweld en mishandeling. Ek sien voortdurendnet siek en gewonde mense.
8. Dit is jou laaste waarskuwing, Jerusalem! As jy nie luister nie, sal Ek My van jou losmaak. Ek sal jou verwoes, en jou maak soos ’n onbewoonde land.”