Jeremia 51:60-64 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

60. Jeremia het al die rampe wat Babel gou sou tref op ’n boekrol geskryf.

61. Hy het vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, moet jy alles wat in die boekrol geskryf staan, hardop lees.

62. Dan moet jy sê: ‘Here, U het gesê U gaan hierdie stad verwoes. Geen mens of dier sal meer hier wees nie. Die stad sal vir altyd leeg en verlate bly.’

63. “Wanneer jy die boek klaar gelees het, maak dit vas aan ’n klip en gooi dit in die Eufraatrivier.

64. Sê dan: ‘Dieselfde sal met Babel gebeur. Babel sal sink en nooit weer opkom nie. Dit sal gebeur omdat die Here rampe oor hulle sal bring. Al hulle mense sal vernietig word.’”Hier eindig die boodskappe van Jeremia.

Jeremia 51