Jeremia 51:17-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. In vergelyking met Homis elke mens ’n dwaas, sonder enige kennis! Goudsmede maak afgodsbeelde, maar hulle kom in die skande. Hierdie beelde is ’n leuen, want hulle haal nie asem nie.

18. Afgode is eintlik nutteloos, ’n bedrogspul! As die tyd van afrekening kom, sal hulle vernietig word.

19. Maar die God van Israel is nie so ’n afgod nie. Hy het alles wat bestaan, gemaak,ook sy eie volk,sy besonderse besitting.Hy is die Here, die Almagtige!

20. “Jy is my hamer, my oorlogswapen.Ek gebruik jou om nasies mee te verpletter en koninkryke te verwoes.

21. Ek gebruik jou om perdeen ruiters mee te tref,ook strydwaens met hulle bemanning.

22. Met jou hulp sal Ek mans en vroue uitwis,ook oumense en kinders,jong seuns en meisies.

23. Ek het jou gebruik om herdersen hulle vee uit te roei,so ook plaaswerkers en hulle osse. Ek sal jou gebruik om regeerders en amptenarete vernietig.”

Jeremia 51