Jeremia 48:43-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

43. Die Here sê: “Moab, verskrikking, vanggate en lokvalle wag op julle.

44. Mense wat in angs probeer wegvlug, sal in ’n vanggat val. En dié wat uit die vanggat ontsnap, sal in ’n valstrik gevang word. Ek sal sorg dat julle nie ontsnap nie,want die tyd vir julle straf het aangebreek,”sê die Here.

45. “Die mense vlug so ver as Gesbon,maar kom nie verder nie. Want ’n vuur kom uit Gesbon,die tuiste van koning Sihon. Dit sal die hele land verteer, ook al die opstandige mense.

46. Wee jou, Moab! Die volk van Kemos is vernietig! Al julle kinders is gevang en in ballingskap weggevoer.

47. Maar eendag sal Ek weer Moab se lot verander. Ek, die Here, sê dit sal so wees!”Hier eindig die oordeel oor Moab.

Jeremia 48