Jeremia 48:37-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

37. Hulle skeer almal hulle koppe en baarde omdat hulle rou. Hulle maak snymerke aan hulle hande en dra klere van sak.

38. Oral in Moab is mense in rou. Hulle doen dit op die dakke van hulle huise en op die pleine. Hulle doen dit, sê die Here, omdat Ek Moab gebreek het soos ’n kleipotwat niemand meer gebruik nie.

39. Ag, hoe stukkend is hulle nie! Hoor hoe huil hulle! Moab is soos mense wat die rug wegdraai van ander omdat hulle skaam is. Moab se bure dryf die spot met hulle. Hulle skrik as hulle al die verwoesting sien.”

40. Die Here sê: “Kyk, ’n arend duik neer en sprei sy vlerke oor Moab.

41. Hy sal die dorpe van Moabinneem en die vestings oorneem. Daardie dag sal Moab se krygsmanne so bang weessoos ’n vrou wat geboorte gee.

42. Moab sal as ’n volk vernietig wordomdat hulle die Hereuitgetart het.”

43. Die Here sê: “Moab, verskrikking, vanggate en lokvalle wag op julle.

Jeremia 48